From: LunaLii
Song Name: Somewhere over the rainbow
Artist: Israel Kamakawiwo'ole
Tot die dag wat ek my laaste asem uitblaas, sal ek aanhou soek na pappa aan die einde van elke reenboog...
Dit was, is en sal vir altyd ons liedjie wees
x
Hallo pappa... Dis nou al 7 weke vandat pappa weg is. Dit voel eerder soos 'n leeftyd. Ek het regtig gedink dit sou nou al ten minste 'n klein bietjie beter, of ten minste makliker gewees het... Ek kan of wil nie vir pappa jok nie, dit raak net al hoe erger en ondraagliker vir my. Ek is siek en sat vir almal wat alewig vir my vertel dat ek moet positief wees, dat dinge sal beter raak, dat pappa...